Houtvark (astrologie)

乙亥

Die Houtvark (乙亥, yǐhài) is die 12de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, ) – die element Hout en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtvarkjaar het in 1995 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 31 Januarie 1995 tot 18 Februarie 1996.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search